Wysheid Vir Die Weg (Sagteband)

deur: Charles R Swindoll

R159.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

In 365 oordenkings ontdek jy hoe om in die wysheid van God te lewe.

Sonder die wysheid van God in ons lewe het ons nog nie eers naastenby voluit begin leef nie. En die won­derlike waarheid is dat ons God om hier­die wysheid kan bid.

In Wysheid vir die weg deel Charles Swindoll wyse woorde uit die Skrif wat jou op jou lewensreis sal be­gelei. Die 365 oor­den­kings in sakpas-formaat sal jou sterk maak en die nodige insig gee om deur die lewe se vrae en spanning steeds voluit te kan leef.

Wanneer jy God se wysheid ontvang, sal jy uit God se per­spektief besef dat jy enigiets kan oorkom wat die lewe na jou kant toe gooi. God gee jou die wysheid om dit reg te kry. Vra Hom net daar­voor.

Oor die outeur

Charles Swindoll is ’n bekende outeur en is tans die kanselier van Dallas Theological Seminary, waar hy self jare gelede ’n student was. Charles, die outeur van meer as 70 boeke, is stigter van Insight for Living radio-bediening. Hy is al bekroon met die Gold Medallion Lifetime Achievement Award en het verskeie CBA-topverkopers geskryf. Charles en sy vrou, Cynthia, woon in Frisco, Texas, waar hy die senior leraar is van die Stonebriar Community Church. Die egpaar het vier kinders en ook klein­kinders.