Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe (Sagteband)

deur: Jannie Putter

R129.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Bly koelkop en lei jou kinders tot oorwinning.

Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op jou as ouer om jou kinders te lei en ondersteun.

Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos “Wie is jy?”, “Hoe bou ek my kind se selfbeeld?” en “Hoe tug ek my kind?” Hy gebruik grafiese voor-stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikelblokke wat hulle moet hanteer.

Jannie wys jou dat die sleutel daarin lê om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt.

Wenplan vir jou kind se lewe sal jou bemoedig om die beste ouer moontlik vir jou kinders te wees.

Oor die Outeur

Jannie Putter het in Potchefstroom grootgeword. Hy het aan die Noordwes-Universiteit studeer en verwerf sy BA-graad in 1987, sy honneursgraad in Sielkunde in 1988 en sy honneursgraad in Sportwetenskap in 1989. Hy voltooi sy meestersgraad in Sportsielkunde in 1994. Hy het provinsiaal rugby gespeel en is ook genooi na die Springbok-proewe. Jannie is in 1994 met Tertia (’n biokinetikus) getroud en hulle het twee kinders. Jannie was van 2006 tot 2010 “mental coach” by die Blou Bulle. Later het hy ’n program ontwikkel oor mentorskap wat met groot sukses geïmplementeer is. Hy bied kursusse aan vir ouers, afrigters, sakelui en sportlui.