Wedstryd Van Die Lewe (Sagteband)

deur: Johan Smith & Jan Willem Swanepoel

R109.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Inspirasie uit bekende sportsterre se lewe oor hoe om te leef soos die wenners wat ons reeds in God span is.

 Soveel jong gelowiges ken die hartseer van nie gekies wees vir die span nie. Maar eintlik speel élke gelowige reeds in die Wenspan, en daarom is sake soos voorbereiding en oefening, opwarming, jou spanmaats en wat gebeur as jy foute maak ook vir elke gelowige relevant.

     In Wedstryd van die lewe deel Suid-Afrikaanse sportpersoonlikhede soos Wayde van Niekerk, Erin Burger en Ivan van Zyl lesse uit die sportwêreld wat goud werd is vir jong volwassenes. Wanneer hulle hierdie waarhede hul eie maak, kan hulle gaan leef soos die wenners wat hulle reeds is. Die riglyne help elke jong gelowige om die kroon van oorwinning in hul lewe te dra.

Oor die outeurs

Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spektrum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy niewinsgewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onderwysers, skoolhoofde, predikante, ouers en ge­wone lidmate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuisgemeente.

Jan Willem Swanepoel het grootgeword op ’n plaas in Rouxville. Sy planne om verder rugby te speel, is kort­geknip deur ernstige harsingskudding. In 1998 het hy aangesluit by SCAS waar hy die waarde van Chris­tenskap in sport geleer het. Die idee vir die boek het ook in hierdie tyd ontstaan. Na ’n paar jaar in die bediening en privaat­sektor het Jan hom by die Universiteit van die Vrystaat aangesluit waar hy tans as lektor werk. Jan is getroud met Karen en het ’n dogter, Jana.