Vrae Wat God Vra (Sagteband)

deur: Israel Wayne

R139.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Lewensvrae uit die Bybel wat God vir jou ook vra.

Waar is jou broer? Hoekom het jy meer respek vir jou seuns as vir My? Is dit reg van jou om kwaad te word? Is my arm te kort?

God het hierdie vrae vir mense soos Kain, Eli, Jona en Hiskia gevra. Maar jy weet Hy het klaar die antwoorde gehad. So hoekom vra? Want al ken Hy die antwoorde, wil Hy hê jy moet besin oor jou karakter en wysheid.

Israel Wayne bied in Vrae wat God vra 18 vrae wat God in die Bybel gevra het. Hy wys ook vir jou hoe hierdie vrae vandag direk op jou van toepassing is. Die vrae dek onderwerpe soos verhoudings, die huwelik, geloof, ouerskap, sendingwerk, soewereiniteit en alomteenwoordigheid.

Vrae wat God vra ontsluit vir jou fundamentele waarhede oor God en wys jou hoeveel kennis oor God opgesluit lê in die vrae wat Hy in die Bybel vir Sy kinders gevra het.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Questions God Asks

Oor die Outeur

Israel Wayne, medestigter van Family Renewal Ministry, is ’n skrywer, spreker en omroeper wat passievol is oor die verdediging van die Christelike geloof en die ontwikkeling van ’n Bybelse wêreldbeskouing. Hy wil graag hê dat God se mense leer om op ’n Bybelse manier te dink en te leef. Israel is getroud met Brook en die paartjie is geseën met nege kinders.