Val 7 Keer Staan 8 Keer Op (Sagteband)

deur: John Mason

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Wenners staan elke keer op, maak nie saak hoeveel keer hulle val nie.

Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie. Dit is hoe­veel keer jy opstaan wat tel.

Topverkoper-outeur John Mason se Val 7 keer, staan 8 keer op is propvol Bybelse lei­ding en praktiese raad, inspi­rerende aanhalings en pittige wyshede deur van die wêreld se grootste baanbrekers. Die drie afde­lings – ’n blik op die innerlike, ’n blik na buite, kyk op – sal jou help om jou beperkings te identifiseer en dit te gebruik om jou op te bou.

Die 42 begin­sels wat jou sal help besef dat sukses bedoel is vir dié wat aanhou probeer, sluit in:

·         Wees dapper genoeg om te leef; enigiemand kan tou opgooi.

·         Wanneer jy uitblink in verskonings maak, is dit moeilik om uit te blink in enigiets anders.

·         Om jouself met ander te vergelyk, dien geen doel nie.

·         As jy bang is vir kritiek, sal jy nooit iets doen nie.

·         Jy kan nooit té veel op God vertrou nie.

·         Wonderwerke begin in jou hart.

Val 7 keer, staan 8 keer op beklemtoon dat wenners raad, insig en motivering soek by dié wat reeds die pad gestap het.

Oor die Outeur

John Mason is ’n internasionale topverkoper-outeur wat al meer as 1,6 miljoen boeke verkoop het. Hy is ook leraar, gewilde spreker en stigter van Insight International, ’n organisasie wat mense help om hulle drome te verwesenlik en hulle Godgegewe roeping te vervul. John en sy vrou, Linda, het vier kinders. Hulle bly in Tulsa, Oklahoma.