Die Groot Storie Van Die Bybel/Ek Glo Storieboek (Combo)

deur: Samestelling

R199.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die Bybel is ’n groot boek oor jou groot God wat Sy groot beloftes hou!

     Soms lees jy al die klein stories en vergeet dat die Bybel een groot storie vertel van al God se beloftes wat Hy deur die eeue nagekom het.

     Die groot storie van die Bybel stel hierdie merkwaardige ware verhaal voor in 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories. Eenvoudige woorde en treffende illustrasies span saam om die storielyn van God se Woord vir jou kinders oor te dra – van Genesis tot Openbaring. Die unieke manier waarop die 26 stories vertel word met vragies in die teks sal jou kinders intrek en vir jou die geleentheid gee om te gesels oor God se beloftes en hoe Hy altyd Sy woord hou.

     David Helm lei jou kinders deur hierdie opwindende ontdekkingstog deur God se beloftes sodat hulle ook kan sien hulle is deel van God se groot storie.

 

Nou kan kinders ook leer hoe om te dink, doen en leef soos Jesus.

     Nou kan kinders ook leer hoe om te dink, doen en leef soos Jesus.

     Die 60 stories uit die Ou en Nuwe Testament gekombineer met aangrypende illustrasies sal jou en jou kinders inspireer om meer soos julle Verlosser te word, en die persone wat julle bedoel is om te wees.

     Die 30 afdelings begin elk met ’n sleutelvraag, waarna ’n storie uit die Ou Testament en ’n storie uit die Nuwe Testament volg. Dit sluit af met Jesus se antwoord, die sleutelgedagte en sleutelvers.

     Die Ek glo – Storieboek is deel van die Ek glo-produkreeks waarin Randy Frazee kerke lei hoe om te dink, doen en leef om meer soos Jesus te word. Ek glo – Storieboek gee jou kinders die geleentheid om ook aan hierdie wêreldwye veldtog deel te neem terwyl hulle leer hoe bly dit Jesus maak as hulle Sy voorbeeld volg.