Delila/Debora, Die Profetes (Combo)

deur: Angela Hunt/Jill Eileen Smith

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die lewe in Filistea is nie maklik nie, veral nie vir ’n vrou wat op haar eie moet oorleef nie. Wanneer die beeldskone maar diep seergemaakte Delila op straat moet probeer oorleef, neem sy haar voor om wraak te neem op al die mans in haar lewe wat haar misbruik het. Sy besluit sy sal die struikelblokke in haar lewe oorwin en rykdom en oorwinning vir haar toe-eien.

Dan ontmoet sy vir Simson – en voel dadelik aan dat sy haar oorwinning deur hóm gaan behaal. Deur die Hebreeuse held te verlei, en te verraai, wen sy vir haar ’n bietjie status in haar gemeenskap. Sy is immers beeldskoon, beminlik en slim. Geen man, nie eens ’n bonatuurlike sterk man, is bestand teen haar sjarme nie.

Delila, die verleidelike skoonheidis ’n komplekse en aan­grypende verhaal van een van die gevaarlikste vroue in die Bybel.

Debora is ’n uitgesproke en onverskrokke vrou. Sy glo in God, maar sukkel om die potensiaal in haar eie lewe te sien. As Israelitiese vrou sal sy trou en kinders hê, en haar kinders van Adonai leer – en dit is meer as genoeg om haar dae vol te maak.

Maar God het ’n ander plan vir haar. Vir byna 20 jaar al leef Israel onder die so te sê konstante vrees vir die Ka­naänitiese leër. En nou roep God vir Debora om haar volk van hierdie verdrukking te bevry. Sal haar geliefdes dit verstaan? Sal mense glo dat God haar geroep het? En kan die bedreiging wat Kanaän inhou, gestop word?

Met haar kenmerkende onberispelike navorsing en verbeeldingryke vertelkuns skets Jill Eileen Smith in Debora, die profetes die storie van Israel se magtigste vroulike rigter in ’n roman wat sowel boeiend as inspirerend is.