1 Minuut-Inspirasie Vir Vroue/Vreugde Vir Jou Hart (Combo)

deur: Samestelling

R89.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Byna 80 praktiese wenke om die vonkel terug te sit in jou vrou-wees.

     Die vrou van vandag is besig en aan die gang. Daarom is die kort en kragtige inspirasie-gedagtes in 1 minuut-inspirasie vir vroue net wat jy nodig het om die vonkel terug te sit in jou vrou-wees.

     Saam met Bybelverse, aanhalings en vertellings wys Stan en Linda Toler in dié sakpas-boekie hoe jy jou selfvertroue ’n hup­stoot kan gee.

     Die byna 80 kort, praktiese wenke in sluit in:

  • Leer iets nuuts
  • Gee vir iemand ’n drukkie
  • Bederf jouself

     1 minuut-inspirasie vir vroue is ’n minuut se inspirasie en bemoediging vir ’n besige vrou soos jy wat jou sal help om die vrou te word wat jy graag wil wees.

 

Milanie Vosloo spreek tot die siel van elke vrou. Nou kan lesers hulle weereens verlekker in een van haar boeke.

     Vreugde vir jou hart is ’n pragtige volkleur-boekie en sal die ideale geskenk vir enige vrou wees. In uiteen­lopende stukkies soos: sy woon­plek in jou hart, Iemand om jou toe te vou, ek: gekraakte kleipot, ’n gewonde hart en jou genade-reis, bevestig Milanie soos net sy kan dat elke vrou verseker kan wees van God se onvoorwaar­delike liefde en trou. Die 20 stukkies word elk afgerond met ’n gebed en kerngedagte, en sal elke vrou laat met die ge­dagte dat sy kosbaar is vir God.

     Hierdie sielsverrykende stukkies is geneem uit Milanie se rubriek “Siel van ’n vrou” in Lééf – met hart & siel.