Stories Uit Die Bybel Vir Kleuters (Kartonboekie)

deur: Charlotte Thoroe

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

In 20 bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament ontdek kinders meer oor God se liefde en beloftes.

Stories uit die Bybel vir kleuters is ’n ver­same­ling van 20 Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament.

Met behulp van kleurvolle illustrasies en mak­lik verstaanbare teks ontdek kleuters en jong le­ser­s meer oor God se liefde en beloftes vir sy mensekinders.

Wat dit nog meer opwindend maak, is die iPhone en iPad app wat by iTunes beskikbaar is. Hierdie app laat kinders toe om na ’n voor­lesing van die stories te luister. Ouers kan ook self hulle stemme opneem vir wanneer hulle nie by die huis kan wees nie. Die opwindende ani­ma­sies op die app sal kinders ook vir ure be­to­wer!

Hierdie lekker interaktiewe boekie met sy oulike dra-handvatseltjie sal gou ’n gunsteling wees onder kinders.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Stories from the Bible for Toddlers