Staan Jou Man (Sagteband)

deur: Nick Vujicic

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ...


Maar sy boodskap is dat jy dit kán oorkom, want geen boelie kan vir jou sê wié jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard.
Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om:
• die feit dat hulle geboelie word in ’n po¬sitiewe ervaring te omskep
• vir hulle ’n veilige ruimte te skep
• sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie
• internet-boelies te hanteer
• ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies
• na hulle eie emosies te kyk en hulle re¬aksies te beheer
• ander wat geboelie word te help
Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of dié vir wie hulle lief is.

Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke jongmens die be¬moediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.