Speel-Speel Deur Die Bybel (Sagteband)

deur: Samestelling

R19.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Meer as 30 prettige speletjies gebaseer op geliefde Bybelstories.

 Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 spe­letjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie ge­liefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié same­stelling is propvol met opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

 Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Story Activity Fun.