Speel-Speel Deur Die Bybel (Combo)

deur: Samestelling

R50.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 spe­letjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie ge­liefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié same­stelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

  • Meer as 30 opvoedkundige speletjies gebaseer op Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament
  • Opvoedkundige aktiwiteite sluit speletjies in soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer
  • Swart-en-wit binnekante sodat kinders ook die aktiwiteitsbladsye kan inkleur

Pakket bestaan uit 5 boekies in Afrikaans



Ook beskikbaar in Engels met die titel Bible Story Activity Fun (Combo)