So Seker As Wat Die Dag Breek (3 Merk Van Die Leeu-Reeks)(Sagteband)
- Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat
So seker as wat die dag breek is die derde boek in die Merk van die leeu-reeks. Net soos die vorige twee boeke in die reeks, ’n Stem in die wind en ’n Eggo in die duisternis, neem hierdie boek die leser terug na antieke Rome en die vroeë jare van die Christelike kerk.
So seker as wat die dag breek vertel die verhaal van Atretes en Rispa, die weduwee wat Atretes se seun uit sy verhouding met Julia versorg; ’n seun wat Atretes vir lank geglo het dood is. Hulle lewe en optrede open ons oë vir die vernietigende krag van woede, maar ook die wonderlike krag van vergifnis.
Dit is ’n verhaal vol waarheid en hoop en dit dra die boodskap van God se onvoorwaarlike liefde. Hierdie is Christelike fiksie op sy beste.
Gebruikersresensies