Slaaptyd-Gebedjies Vir Klein Hartjies (Kartonboekie)

deur: Hannah C Hall

R140.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Met hierdie 10 slaaptyd-rympies leer klein hartjies van 3 tot 6 jaar om nader aan God te groei.

Stap saam met oulike dierefamilies terwyl hulle leer hoe om te bid oor elke oomblik van die dag – die lekker tye, die moeilike dinge, en alles tussenin. Of die diere nou vir God vra om hulle te help om ’n gunsteling speelding te kry, of vir Hom dankie sê vir die dag se avontuur, Slaaptyd-gebedjies vir klein hartjies sal julle slaaptyd-roetine ’n spesiale, stil tyd maak en sal God se Woord in jou kinders se hart laat vestig.

     Slaaptyd-gebedjies vir klein hartjies bestaan uit 10 pragtige rympies. By elke rympie is daar ook ’n teksvers wat klein hartjies sal help om God se liefdevolle hart te ontdek wat ons altyd sal vergewe.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Bedtime Prayers for Little Hearts.

Oor die Outeur

Hannah C. Hall skryf boeke vir kinders en blogs vir hulle ma’s. Sy en haar man, Josh, en hulle vyf kinders woon in ’n klein dorpie in Arkansas. Besoek haar by HannahCHall.com.