Sit Die Vonk Terug In Jou Huwelik (Sagteband)

deur: Jay Payleitner

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

52 maklike maniere om pret en romanse weer deel van jou huwelik te maak.

 

“Die wittebrood is verby” is ʼn uitdrukking wat dikwels gebruik word vir huwelike wat sy vonk verloor het. Daar­die gevoel van eenheid wat aan die begin van die huwelik so opsigtelik was, het al vaer geword.

Vir paartjies wat voel hulle huwelik gaan nou net oor kompromieë of opoffering of onderdanigheid, is daar hoop. In Sit die vonk terug in jou huwelik gee Jay Payleitner 52 prettige en kreatiewe maniere om weer ware eenheid en romanse in die huwelik te ervaar. Die wenke sluit in:

·       Deel drome

·       Moet nooit kompromieë aangaan nie

·       Betaal die kredietkaarte af

·       Soen in die kombuis

·       Lag saam, huil saam

·       Dien en word bedien

Hierdie praktiese en wyse idees word humoristies aangebied en sal huweliksmaats nader aan mekaar trek. Dit sal hulle ook opnuut inspireer om hulle unieke verbin­tenis te geniet en hulle toerus om hulle huwelik nog beter te maak.

 

Oor die outeur

 

Jay Payleitner is een van die top-Christenradio-vervaardigers in Amerika. Hy is ook ’n gewilde spreker oor ouerskap en huwelike en die outeur van meer as ’n dosyn boeke. Jay was ook al ’n AWANA-direkteur, ’n stoei-afrigter en uitvoerende direkteur van die Illinois Fatherhood Initiative. Hy is ook ’n medewerker en voorstander van die National Center for Fathering. Jay en sy vrou, Rita, woon naby Chicago waar hulle vyf wonderlike kinders grootgemaak het en liefde uitgestort het op tien pleegsorg-babas.