Reis Lig Deur Die Lewe (Hardeband)

deur: Dalene Reyburn

R199.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Neem ’n reis om die son met hierdie 366 oordenkings wat jou sal inspireer om ’n vreugdevolle en vervullende lewensreis te geniet.

 

Die 366 oordenkings in Reis lig deur die lewe sal lesers inspireer om met oorvloedige vreugde te leef.

     Deur haar bemoedigende oordenkings gebou om die tema van reis, lei topverkoper-outeur Dalene Reyburn vroue om te besef dat die hemelse Vader elke tree van ons lewensreis by ons is. Sy liefde, teenwoordigheid en sorg sal ons ook toelaat om lig te reis. Hy laat ons nooit in die steek nie. Hy hou nooit op om ons te herinner aan sy genadegreep op ons lewens nie. Hy sien die einde van die reis reeds aan die begin en niks vang Hom onkant nie. Hy het ons reisplan vooraf uitgewerk, en wanneer ons saam met Hom reis, is die reis vervullend, opwindend en vol vreugde.

Reis lig deur die lewe sal vroue in staat stel om hulle skoene uit te skop en ligvoets die lewensreis saam met God aan te pak.

 

Ook beskikbaar in Engels onder titel Traveling Light.

 

Oor die Outeur

Dalene Reyburn is ’n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings op dalenereyburn.com. Sy het ’n meesters-graad in toegepaste taalstudies en was ʼn hoërskoolonderwyseres voordat sy voltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.