Pleisters Vir Die Siel - Omnibus (Sagteband)

deur: Riekert Botha

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Is jy op soek na pleisters wat jy op enige seer kan plak? Ook dié diep binne-in jou? Dan is Riekert Botha se Pleisters vir die siel - omnibus net die medisyne wat jy nodig het. Hierdie boek is ’n ver­werking van Riekert en Derrich Gardner se Sater­dag­oggend-gesprekke op RSG. Riekert het hierdie plat­vorm vir ses jaar gebruik om vir mense die beste nuus ooit te verkondig.

 

Elke hoofstuk in hierdie omnibus kyk na verskeie vrae rondom ʼn kwessie wat deel vorm van die Chris­ten se daag­likse lewe en denkwêreld. Die gedeelte eindig dan met ʼn “pleister” of troosboodskap wat die seer rondom die bepaalde kwessie kan genees.

Riekert bespreek relevante vrae wat gelowiges daagliks hoor of self vra, soos: “Hoekom moet ons bid as God in elk geval alles weet?”, “Hoekom het God Vigs toegelaat?” en “Gaan my troeteldiere hemel toe?”

 

Pleisters vir die siel - omnibus, met sy meer as 90 geestelike pleis­ters, is ’n moet vir lesers. Die kort bood­skappe het waarlik ’n kragtige impak.