Oorwin Die Stryd Teen Stres En Bekommernis (Sagteband)

deur: Perry Noble

R159.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Voel jy gespanne? Angstig? Oorweldig? Jy is nie alleen nie!

Tussen finansiële worstelinge, huwelikskwessies, gesondheids- en ander alledaagse probleme deur, is dit maklik om te voel dat jy vasgevang is in jou omstandighede.

Perry Noble deel uit persoonlike ervaring in Oorwin die stryd teen stres en bekommernis die sleutels om die kettings van angs en wanhoop vir altyd oop te sluit. Hy bou op die beginsel dat alles verander wanneer ons ons fokus van ons omstandighede na Christus verskuif. Perry neem jou op ’n humoristiese reis vol staaltjies om spanning, kommer, depressie en angs te oorkom sodat jy vry kan wees om ‘n oorvloedige, vreugdevolle lewe te lei.

God ken jou frustrasies en Hy weet jy sukkel. Oorwin die stryd teen stres en bekommernis beklemtoon dat God groter is as enigiets waardeur jy gaan!

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Winning the War Against Worry

Oor die Outeur

Perry Noble is die stigter en senior leraar van NewSpring Church, asook die skrywer van Unleash!: Breaking Free from Normalcy. Sy belangrikste verantwoordelikhede is om ’n dienaar van Jesus Christus te wees, ’n man vir sy vrou, Lucretia, en ’n pa vir hulle dogter, Charisse, maar Perry het ook ’n passie om toe te sien dat mense Jesus ontmoet, sy kerkpersoneel te lei en ander kerkleiers op plaaslike en globale vlak se lewens te bou.