Oomblikke Van Stilte (Sagteband)

deur: Lizette Murray

R199.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

365 sielsverrykende oordenkings lei jou om elke dag stil te word by die Vader se voete en rus te vind in Hom.

In elke Christen se hart leef die versugting: “Here, help my om u stem te hoor! Leer my hoe om by U tot rus te kom.”

Oomblikke van stilte, uit die pen van Lizette Murray, lei vroue om fyn te luister en te hóór – en in gehoorsaamheid op te staan en te dóén. Die 365 sielsverrykende oordenkings volg die spoor van Bybelfigure wat God heelhartig gevolg het, maar ook die twyfelaars en hardkoppiges. Vroue word met hulle eie geloofspad gekonfronteer: Met die dinge wat hulle van ’n gehoorsaamheidslewe weerhou; met verlies wat hulle stom en vertwyfeld laat, maar ook die verwondering wanneer hulle besef dat Christus Immanuel is – die God wat tussen ons leef.

In Oomblikke van stilte ontdek vroue God se stem word nooit stil nie. Hy verlang dat gelowiges sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.”

Oor die Outeur

Lizette Murray is ’n joernalis en skrywer van inspirasie­boeke, dag­boeke, gebede­boeke en ’n Bybel­studiegids, Stilword by God, wat in 2017 deur CUM gepubliseer is. As onderwy­seres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ’n kind. ’n Aantal kinderboeke verskyn uit haar pen, asook ’n kinderdagboek, 101 Avon­ture saam met God, en ’n gebedeboek vir kinders, Gebede met vlerke.