Onveranderlike God en Onbegryplike Genade (Sagteband)

deur: Stephan Joubert

R159.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Wat presies beteken genade, hoe “verdien” ons dit en hoe leef ons dit daagliks uit?

 

“Sola Gratia – In genade alleen.” “Ons dien ’n genadige God.” “God se genade ken geen perke nie.” Die woordjie “genade” is so ’n bekende woord en iets wat ons maklik gebruik, maar wat beteken dit werklik vir gelowiges?

In sy boek Onveranderlike God & onbegryplike genade doen Stephan Joubert ’n diepgaande studie oor God se onverdiende en onuitputlike genade wat Hy aan die mens skenk. Aspekte waarna hy onder andere kyk, sluit in:

·         Wat is genade en hoe “verdien” ons dit

·         Tien kop- en lyfskuiwe wat ons rondom genade moet maak

·         Genade moet aangeleer en uitgeleef word

·         Wanneer en waar ons genade moet bewys

·         Hoe om Jesus se voorbeeld na te volg

·         Genade in verhouding tot die ander solas

Aan die einde van elke hoofstuk is daar ’n afdeling “Groeikurwes” of leeflesse waarin Stephan ’n kort opsomming gee van wat in die bepaalde hoofstuk oor genade geleer is. Heel aan die einde van die boek gee hy ook tien stellings van wat genade is.

Onveranderlike God & onbegryplike genade sal jou ’n dieper begrip gee van wat genade presies is en hoe ons dit in ons elke­dagse lewe kan leef.

 

Oor die outeur

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buiten­gewone pro­fes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Uni­versiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.