Om Die Ondraaglike Te Dra (Sagteband)

deur: Henk Gous

R119.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die dood van ’n geliefde is ondraaglik swaar. Tog is dit iets wat met almal gebeur en dié wat reeds daar­deur is, weet hoe erg dit is as hierdie smart alleen ge­dra moet word. Om die ondraaglike te dra is geskryf deur ’n pa wat die smart moes hanteer van sy ses­tienjarige dogter wat selfmoord gepleeg het. In hier­die boek help hy ander mense om hulle eie smart aan God oor te gee sodat die las hulle nie onderkry nie.

Om die ondraaglike te dra wil lesers wys dat sterk en gelowige mense ook soms swak is en maar mag huil. Dis bedoel om ouers te help om sterk én swak genoeg te wees om die grootste ramp te oor­leef wat enige ouer ooit kan tref: die dood van ’n kind. Dit wil lesers wys hoe God elke mens help om die skynbaar ondraaglike tog te dra.

In sy fokus op veral depressie, selfmoord en rou­smart help Henk Gous lesers om hulle smart op ’n unieke maar gesonde manier te dra. Hy wys veral daarop dat God elke mens op ’n unieke manier deur die swaar van die lewe help en dat hulle juis in hier­die swakheid baie sterker word.