My Bybelstorieboek Oor Jesus (Hardeband)

deur: Heath McPherson

R249.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Reis met 100 stories deur die Bybel en ontdek hoe dit alles oor Jesus gaan.

Die Bybel vertel een storie, en dit gaan oor Jesus.

Hierdie oulike, interaktiewe Bybelstorieboek gee kinders die groot prentjie oor God se storie. My Bybelstorieboek oor Jesus bevat 100 stories wat heenwys na Jesus en is ’n opwindende reis deur die Bybel. Die prentjies word ook lewendig met die app wat gratis afgelaai kan word met ’n QR-kode in die boek.

Elke storie in My Bybelstorieboek oor Jesus wys vir ses- tot tienjarige kinders hoe God die hele tyd beplan het om mense te red.

Ook beskikbaar in Engels onder titel It's All About Jesus Bible Storybook.

 Oor die outeurs

Heath McPherson teken sonderlinge illustrasies en is ’n animasiekunstenaar. Hy het onder andere die illustrasies vir Oliver Chin se boek Timmy and Tammy's Train of Thought gedoen, asook ’n paar advertensies se animasie.