Is Jy Gereed Vir Die Avontuur Van Ouerskap (Sagteband)

deur: Gary Chapman

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Met ’n tikkie humor en praktiese raad berei Gary Chapman en Shannon Warden jong ouers voor vir die avontuur van kinders grootmaak.

 Gary Chapman, outeur van die New York Times-topverkoper The 5 Love Languages span kragte saam met dr. Shannon Warden – professor in berading, vrou en ma van drie – om jong ouers voor te berei vir die avontuur van kinders grootmaak.

In Is jy gereed vir die avontuur van ouerskap? deel hulle wat hulle wens hulle geweet het vóór hulle kinders gehad het, soos: kinders beïnvloed jou tyd, jou geld en jou huwelik – en dit is net die begin. Met ’n tikkie humor gee hulle praktiese raad vir alles van potjielesse tot skedules, om vir jou kind jammer te sê en hoe om jou huwelik sterk te hou … en dit alles terwyl jy die groot vreugde van kinders grootmaak vier.

Oor die outeurs

Gary Chapman, Ph.D., is die skrywer van die New York Times-topverkoper The Five Love Languages. Hy het meer as 35 jaar se ervaring as berader. Gary is ook die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. en bied wêreldwyd seminare aan, en sy radioprogram word oor meer as 400 stasies gehoor. Vir meer inligting, besoek www.5lovelanguages.org.

Shannon Warden, is ’n assistentprofessor by Wake Forest University waar sy die nagraadse beradingsprogram aanbied. Sy is ook die direkteur van berading en die direkteur van die vrouebediening by Triad Baptist Church in Kernersville, Noord-Carolina.