Gebede Uit Die Bybel (Sagteband)

deur: Wesley Campbell & Stacey Campbell

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

88 kragtige Bybelse gebede vir enige situasie in die lewe.

 Wanneer jy die Skrif hardop bid, sal jy kragtige resultate sien. Dít het Jesus se lewe ons geleer.

In Gebede uit die Bybel bied Wesley en Stacey Campbell vir ons ’n skatkis van gebede direk uit die Skrif. Die gebede is in agt kategorieë verdeel wat chronologies gerangskik is, net soos hulle in die Bybel verskyn. Dit sluit in: teofanieë, die Psalms, wysheidsgebede, Hooglied, gebede van die profete, gebede van Jesus, Apostoliese gebede en liedere van Openbaring. Elke afdeling sluit ’n inleiding en praktiese riglyne in oor hoe en wanneer om die gebede te bid.

Of jy ’n beginner of ’n gesoute voorbidder is, hierdie boek gee vir jou vinnige en maklike toegang tot 88 kragtige, Bybelse gebede vir enige situasie in die lewe. Dit is ’n unieke bron wat jy weer en weer kan raadpleeg, en jou in ’n dieper gesprek met God sal inlei.

Oor die outeur

Wesley en Stacey Campbell is die stigters en senior-leiers van New Life Church in Kelowna, B.C., Kanada, asook lede van die fakulteit van die Wagner Leadership Institute. Hulle werk saam met Hope for the Nations en het al in meer as 45 lande as sprekers opgetree.