Elke Dag 'N Vreugdepad (Sagteband)

deur: Nina Smit

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

52 inspirerende oordenkings vir stilword-tye saam met God.

’n Vrou moet deesdae soveel verskillende rolle ge­lyk­­tydig vervul dat sy skaars tyd kry vir haar eie be­hoef­tes. Een van haar grootste behoeftes wat dik­wels in die slag bly, is haar stiltetyd saam met die Here. Lang­durige gebrek aan stilword-tye saam met die Here be­roof haar egter van haar lewensvreugde.

Elke dag ’n vreugdepad is ’n Bybelse joernaal vir stilword-tye saam met God. Die 52 stukke uit die pen van Nina Smit begelei vroue om hulle weer op­nuut elke dag daarop in te stel om God se stem op elke terrein van hulle lewe te hoor. Die toe­pas­sings­­vrae aan die einde van elke hoofstuk help vroue om die beginsels in die hoofstuk ’n realiteit te maak in haar lewe.

In Elke dag ’n vreugdepad ontdek vroue op­nuut dat as ons tyd maak om God se stem te hoor, ons sal weet wat Hý wil hê ons moet doen. So sal ons leer om weer ons vreugde in Hom te vind.

Oor die outeur

Nina Smit en haar man, Johan, was die predikantspaar van die Wynberg­-ge­meente, in Bellville-Oos en in die Helderbergge­meente. Benewens sketse in die Sarie en Rooi Rose asook verskeie artikels en onder­houde in Die Kerkbode en Die Voorligter het Nina ook meer as 150 boeke gepubliseer. Nina is een van Suid-Afrika se gewildste vroueskrywers. Sy woon in Somerset-Wes, het drie kinders en is ook ’n trotse ouma. Nina hou van stap, lees, reis en om tyd saam met haar familie deur te bring.