Die Name Van God (Sagteband)

deur: Ann Spangler

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

52 studies oor die betekenis van God se Name en titels.

 

Die Name van God is ’n unieke 52 week-Bybelstudie wat fokus op die Name van God en Jesus. Deur die verskille in Name soos Adonai, El Shaddai, Abba, Jesus, Lam van God en Prins van Vrede te ondersoek, sal jy ’n God ontmoet wat volkome heilig, kragtig, genadig en liefdevol is.

Elke week se studie bevat:

 

·         Agtergrond-inligting om jou te help om die spesifieke Naam te verstaan.

·         ’n Kerngedeelte uit die Bybel waarin die Naam die eerste keer of die betekenisvolste gebruik word.

·         Besprekingsvrae vir individue of kleingroepe.

·         ’n Lys Bybelgedeeltes vir verdere nadenke.

Die Name van God bevat addisionele vrae vir nadenke en verdere studie. In hierdie Bybelstudie sal individue of kleingroepe die belangrikste van God se Name verken soos dit in die Bybel openbaar word. Daar is ook ’n handige gids wat help met die uitspraak van die Name van God in antieke Hebreeus en Koine Grieks.

 

Oor die outeur

Ann Spangler is ’n bekroonde skrywer wie se eerste topverkoper in 1994 verskyn het. Sedertdien het sy al verskeie topverkopers die lig laat sien, onder meer Praying the Names of God, Praying the Names of Jesus en Women of the Bible (saam met Jean Syswerda). Miljoene van haar boeke is al verkoop. Haar sensitiwiteit vir die immer veranderende geestelike en kulturele klimaat waarin ons woon, stel haar in staat om te skryf oor temas wat vir baie lesers van groot belang is. Sy en haar twee dogters woon in Grand Rapids, Michigan.