Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Sagteband)

deur: Stormie Omartian

R229.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontdek hoe om vrees en angs met gebed te beveg.

 

Beïnvloed vrees jou lewe?

Steel dit ooit jou vrede en veroorsaak slapelose nagte?

Dit wil voorkom of vrees byna ’n epidemie geword het in die hedendaagse lewe. Die goeie nuus is dat jy vryheid van verwoestende vrees kan ervaar deur jou hart en gedagtes te rig op die vertroostende waarhede en beloftes van God, en te leer hoe om kragtig te bid. In Die krag van gebed wanneer jy vrees wys Stormie Omartian jou hoe om vrees deur gebed te beveg. Sy bied raad oor hoe om onder andere die volgende vrese te oorkom:

·         Vrees vir verwerping

·         Vrees vir lyding

·         Vrees vir die dood

·         Vrees vir verlies

·         Vrees vir die toekoms

     Namate jy op die Here se krag staatmaak om jou vrees te oorwin, sal jy begin onderskei tussen die vrees wat God nie wil hê ons moet hê nie, en die vrees wat Hy wíl hê ons moet ervaar, naamlik vrees vir Hom. Leer hoe om te bid en aanspraak te maak op die krag, liefde en helder gedagtes wat God vir jou wil gee.

 

Oor die outeurs

Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 35 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders en kleinkinders. www.stormieomartian.com