Nou Is Die Tyd (Sagteband)

deur: Lindie Strydom

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Belê jy jou 24 uur elke dag op die regte plekke?

As daar een ding is wat ons almal elke dag gemeen het, is dit die hoeveelheid tyd wat ons vir die dag kry.

Lindie Strydom inspireer jou in Nou is die tyd om weer die waarde van tyd te besef. Sy kyk na aspekte van tyd soos:

                    Tyd verklap ons prioriTYD en bepaal identiTYD

                    Tyd is ’n kommodiTYD

                    Intimiteit vra eenkant stilteTYD

                    ProduktiwiTYD en effektiwiTYD

                    KwantiTYD en kwaliTYD

Elke hoofstuk word afgerond met aanhalings en wysheid uit die Skrif. Daar is ook vrae om oor na te dink met skryfplek sodat jy kan besin oor hoe jy jou tyd gebruik.

Ontdek weer in Nou is die tyd dat tyd soveel méér is as die ure in jou dag. Leer weer om dit wat belangrik is bo-aan jou prioriteitslys te sit sodat jy nie een enkele kosbare minuut verder “mors” nie.

Oor die Outeur

Lindie Strydom is ’n bekende radio- en TV-persoonlikheid. Sy is al vir meer as ’n dekade ’n motivering-spreker. Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul, Hugo en Nina.