N Wonderwerk By 'n Troue (Jesus Se Wonderwerke)(Sagteband)

deur: Austin Sailsbury

R49.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die verhaal van Jesus se eerste wonderwerk.

Adi is verskriklik opgewonde. Haar boetie trou – sy kry ’n skoonsussie! Alles lyk perfek en niks sal hulle lekker dag bederf nie, tot daar een groot probleem opduik ...

Die bruidegom, Ben, het ’n groot fout gemaak met die hoeveelheid wyn wat hy moes reël. Gaan die fout hulle pragtige dag bederf en hulle familie se reputasie vernietig? Gelukkig is daar een spesiale Gas op hulle troue wat wel iets kan doen om te sorg dat niks hulle dag gaan bederf nie.

’n Wonderwerk by ’n troue vertel die verhaal van Jesus se eerste wonderwerk en vorm deel van die Jesus se wonderwerke-reeks. In dié reeks ontmoet kinders die mense ágter die verhale en ervaar Jesus se wonderwerke saam met hulle terwyl die stories uit die unieke perspektief van ’n kind vertel word.

Die volledige Bybelteks oor hierdie wonderwerk verskyn agter in die boek.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Miracle at a Wedding

Oor die Outeur

Austin Sailsbury is ’n Amerikaanse skrywer en kreatiewe konsultant wat tans in Denemarke woon. Hy werk al meer as 10 jaar in die bediening én die media, en streef daarna om mense te inspireer deur die krag van stories. Hy skryf ook liedjies en toneelstukke vir kinders.