n Reenboog Vol Verrassings (Sagteband)

deur: Nina Smit

R119.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Geskenk is iets wat aan iemand gegee word om daardie persoon te oortuig dat hy of sy geliefd is.

Soms lewer God spesiale geskenke by ons deur af – onverwagte seëninge waaraan ons nooit eers self gedink het nie!

’n Reënboog vol verrassings moedig jou aan om hierdie geskenke te herken, jou eie te maak en vir die res van jou lewe te koester. Die 25 stukkies in hierdie tweekleur-geskenkboek vol Bybelverse, inspire-rende aanhalings, uitdagings en gebede is ’n bron van eindelose seën.

In ’n Reënboog vol verrassings wys Nina Smit jou op die oorvloed seën wat God jou deur Sy genade gee.

Oor die Outeur

Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkoper-boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.