'n Nuwe More (Sagteband)

deur: Tessa Afshar

R199.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

ʼn Verhaal van ’n desperate vrou wat genesing ontvang deur blote aanraking.

Voordat Christus haar aangespreek het as “my dogter”, voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy ’n vrou met ’n hart wat gebloei het ...

Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog ’n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar ta­lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af weg­vat.

In Tessa Afshar se ʼn Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en te­leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?

Oor die outeur

Tessa Afshar is ’n Christy Award-wenner wat in Iran gebore is en het 14 jaar daar gebly. Sy het haar later in die VSA gevestig. Tessa het ’n MDiv-graad behaal aan Yale waar sy ook betrokke was by die Evangelical Fellowship van die Divinity School as mede-voorsitter. Sy is vandag steeds betrokke by Christelike uitreike. Pearl in the sand het vir Tessa ’n Reader’s Chioce Award in 2011 besorg (“New Author of the Year”).