n Handvol Hoop (Sagteband)

deur: Lizette Murray

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Handvol hoop is ’n roerende bundel wat die pyn en magteloosheid van afvlerk-mense wat ver­lies ervaar, met deernis verwoord.

Met ’n Handvol hoop vertel Lizette Murray van haar eie ervarings op die reis na heling ná die dood van haar seun, maar deel ook insigte wat sy be­kom het deur die bemoeienis met gebrokenes wat ten spyte van hulle stukkend-wees skerfies hoop aangee.

’n Handvol hoop vertel van die vreugde wat ’n mens uit klein dingetjies kan kry: ’n voëltjie wat die nuwe dag begroet; die son op jou hand. Dit vertel ook van die heling wat daar in musiek en kuns en die geskrewe woord is. Van die be­skut­ting van jou eie huis en geliefdes. En van die woor­de­lose saamsit met ons hemelse Vader.

Dit sal lesers help om die God wat ons pad ver­­­lig, as Reisgenoot te herken – veral wanneer ons Hom nie in ons eie donkerte kan raaksien, of dalk wíl raaksien nie.