My Plakker-Bybel-Storieboek (Sagteband)

deur: Samestelling

R139.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Interaktiewe boek met meer as 1 000 plakkers, oulike illustrasies en 8 bekende Bybelstories vir kleingoed.

 

Met meer as 1 000 plakkers en kort en kragtige Bybelstories is My plakker-Bybel-storieboek ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.

Die 8 Bybelstories oor kinders se gunsteling Bybelhelde soos Moses, Noag en natuurlik Jesus word afgerond met pragtige illustrasies waarvan sommige dele ontbreek. Al die plakkers kom voor op 32 bladsye agter in die boek. Wanneer kinders die plakkers van die ontbrekende dele soek en op die regte plek plak, help dit hulle nie net om die illustrasie te voltooi nie, maar ook om hulle handvaardighede te ontwikkel. Daar is ook talle plakkers wat kinders in ander boeke of op ander oppervlakke kan plak.

My plakker-Bybel-storieboek sal kinders vir ure vermaak terwyl hulle bekende Bybelstories leer ken en basiese handvaardighede ontwikkel.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The 1000 Sticker Bible Storybook