My Jesus-Storiebybel (Hardeband)

deur: Sally Lloyd-Jones

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Op soek na ’n Kinderbybel wat anders is as die tradisionele?

My Jesus-Storiebybel is ’n unieke Bybel met sy eiesoortige illustrasies in helder en vars kleure. Saam met die begaafde Sally Lloyd-Jones se vertelling vorm dit die perfekte kombinasie om die groot storie van Jesus te vertel.

Met die stories uit die Ou Testament en die Nuwe Testament maak die skrywer op ’n gemaklike en verstaanbare manier God se verlossingsplan vir kinders persoonlik. Daar is 21 stories uit die Ou Testament en 23 uit die Nuwe Testament en elkeen dui op Jesus: die Verlosser van God en die eintlike Groot Boodskap vir die mensdom.

My Jesus-Storiebybel is ’n uitstekende boek om kinders én ouers opnuut bewus te maak van die goue draad wat deur die hele Bybel loop: Jesus.

Oor die skrywer

Sally Lloyd-Jones is ’n toonaangewende skrywer van inspirerende kinderboeke. Sy het al drie topverkopers geskryf en ’n Gold Medallion Award gewen. Sy is in Engeland gebore, maar bly nou in New York.
Jago is ’n begaafde illustreerder wat al verskeie gesogte toekennings ontvang het, soos die Macmillian Highly Commended Award, ’n AOI Silver Award en die National Literacy Association Wow! Award. Jago bly in Cornwall, Engeland, saam met sy vrou en dogter.