My Groot Soek En Vind Bybel Stories Uit Die Nuwe Testament (Kartonboekie)

deur: Charlotte Thoroe

R129.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sal kin­ders geliefde Bybelstories laat er­vaar in ’n wêreld van kleur en detail deur helder kuns-werk.

 

Die 5 stories uit die Nuwe Testament word oor­vertel in maklik verstaanbare taal en is gevul met ka­rak­ters, diere en voorwerpe vir kinders om te soek. Sleutelitems om voor te soek word gelys op die groot flappe wat kinders kan oopmaak waar daar ook ek­stra soek-aktiwiteite voorkom. Kinders kan ook leer om die maklike woorde te spel wat gekies is vir die items wat gesoek moet word.

 

Die stories in My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sluit in: Jesus word gedoop; Jesus verander water in wyn; Deur die dak om tot by Jesus te kom; Die storie van die boer en sy saad; en Jesus en Saggeus.

 

Ouers kan ook saamspeel en kyk wie eerste die voorwerpe raaksien terwyl hulle vir hulle kinders lees uit die Bybel en vertel wat in die prentjies aangaan.