Mini Oordenkings Vir Elke Oomblik (Sagteband)

deur: Solly Ozrovech
R50.00
Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die 180 kort maar kragtige oordenkings in Mini-oordenkings: Genade vir elke oomblik verseker lesers opnuut van God se genade en moedig gelowiges aan om ’n Christus-gesentreerde lewe te leef. Temas wat ter sprake kom, is God se getrouheid, liefde, krag en beloftes.

Die handige sakpas-formaat maak dit ideaal vir daaglikse stiltetyd in God se teenwoordigheid waar jy ook al is.

Oor die skrywer

Solly Ozrovech (1927-2015) was vir meer as 40 jaar leraar in die Kaap. Ná sy aftrede het hy verskeie Christelike boeke gepubliseer, elkeen ’n topverkoper.