Max Lucado Kinderboek-Omnibus (Sagteband)

deur: Max Lucado

R119.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Drie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.

Hierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring ’n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis ’n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.

Jy is spesiaal

Die Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.

Jy is myne

Die behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy ’n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.

Die heel beste

Wanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met ’n doel gemaak soos ons is.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children’s omnibus.

Oor die outeur

Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.