Leer My Bid, Here (Sagteband)

deur: Daniel Henderson

R169.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Praktiese stappe om in gebed tot God te nader vir wysheid en leiding vir elke behoefte en in elke situasie.

Ons almal het moeilike vrae wat ons snags laat wakker lê. Ons almal het God se wysheid nodig om die ingewikkelde lewe te navigeer en verantwoordelikhede, probleme en verhoudings te bestuur. Jesus Christus, die bron van alle wysheid en kennis, is gereed om vir ons wysheid te gee as ons dit in gebed van Hom vra.

In Leer my bid, Here deel Daniel Henderson ’n Christus-gesentreerde benadering van leef in ’n gebroke wêreld. Hy gee praktiese stappe vir gebed wanneer ’n mens verward en onseker voel, asook vrae vir groepbesprekings aan die einde van die boek.

Leer my bid, Here sal lesers verseker dat ons geen vraag kan vra waarop God nie ’n antwoord het nie. Hy wag net dat ons vra.

Oor die outeur

Danie Henderson is die stigter en voorsitter van Strategic Renewal International (www.strategicrenewal.com), asook direk­teur van The 6:4 Fellowship. Hy lei vernuwingsgeleenthede en is ’n spreker by verskeie leierskapkonferensies. Daniel is die outeur van tien boeke. Hy en sy vrou, Rosemary, bly naby Denver, Colorado