Leef Stroom-op!

 

 

Een van die interessantste feite oor heuningbye is dat wanneer jy ’n heuningby van die res van die nes isoleer en hom bly versorg met genoeg kos en water, dit wil sê in die ideale habitat, jy verseker kan weet dat hierdie by binne twee of drie dae sal vrek. Daar is iets in die gemeenskap van heuningbye wat die swerm aan die lewe hou. Jy kan met heuningbye boer, maar jy kan nooit met ’n enkele heuningby alleen boer nie. Dieselfde geld vir my en jou as gelowiges, ons het ander nodig, ons het mekaar nodig.

 

In die lig hiervan het ek besef Leef stroom-op! kort ’n ubuntuoomblik. Lank terug het ’n Afrika-teoloog, John Mbiti, geskryf dat die grootste bydrae van Afrika tot Christelike geloof die ubuntu-beginsel is: “Ek is omdat ons is!” Die diepste betekenis van die woord ubuntu is: ’n Mens is ’n mens oor ander mense! “Ek is omdat ons is!”

 

Ons maak jou ’n beter ek. In die geloof gaan dit om “ons” eerder as “ek”. As jy die “ons” liefhet, word jy ’n beter “ek”! Soos Neil Diamond gesing het: “It is not about you and it is not about me, it is all about we.”

 

As ons ’n stroom-op beweging aan die gang wil kry, het ons mekaar nodig. Daarom het ek video-“clips” geskep sowel as die gids vir groepsbespreking wat sal help dat daar in groepe oor Leef stroom-op! gesels kan word en ons so mekaar “accountable” hou om stroom-op te lewe.

  

~ Ewald van Rensburg

 

Sessie 1: ʼn Stroom-op persoon                         Sessie 2: Die 3D-bril

                                

Besprekingsvrae                                                      Besprekingsvrae

Sessie 3: Waar is Wally?                                       Sessie 4: Die koffie-eksperiment en stoel

                                

Besprekingsvrae                                                   Besprekingsvrae

Sessie 5: Die berg en die wyn

Besprekingsvrae