Laat U Koninkryk Kom (Sagteband)

deur: Elza Meyer

R120.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Word bemagtig om as Koninkryksmense op aarde te leef.

Enigeen wat wil, kan ʼn medewerker word in God se koninkryk, so sê Elza Meyer in haar boek Laat u koninkryk kom.

     In hierdie boek, gebaseer op die bekende woorde in Matteus 6:10, wys sy die lesers daarop dat God aan gelowiges buitengewone gesag toevertrou om Hom op aarde te verteenwoordig. Hierdie gesag vereis egter ʼn karakter wat die krag en invloed wat daarmee gepaardgaan, kan hanteer. Sy wys hoe die Heilige Gees in mense werk om ons meer soos Christus te maak en gelowiges toerus met spesiale gawes sodat die wêreld kan sien dat God sy heerskappy steeds deur woorde, wonders en tekens op aarde bevestig.

     Op haar kenmerkende lekkerlees-styl begelei Elza Meyer die leser in Laat u koninkryk kom om God se koninkryk beter te begryp en ’n aktiewe medewerker te word in die koms van sy koninkryk op aarde.

Oor die outeur

Elza Meyer is die stigter van Turn2God Bedieninge. Sedert 2011 dien sy ook as hoof uitvoerende beampte van die organisasie. Sy het al verskeie publikasies die lig laat sien en bedien ook op radio en TV. Sy is veral bekend vir die Ester Konferensies, wat landswyd belangstelling uitlok. Elza is getroud met Thys. Hulle het drie volwasse kinders: Ellenore is getroud met Jaco, Pieter is getroud met Darelize en Susan is getroud met Werner. Hulle het agt kleinkinders.