Die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde.
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:
- Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
- Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap?
- Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan?
- Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
- Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
- Wat gebeur met mense ná hul dood?
- Hoe weet ek dis God wat met my praat?
Oor die skrywer
Nadat hy vir 20 jaar gemeente-bediening gedoen het, is hy sedert 2010 voltyds besig met internet bediening. Hulle bediening behels daaglikse oordenkings in Afrikaans (Padlangs) en Engels (By the Way), geestelike kursusse en groeiprogramme en persoonlike bediening per internet en ook direk. Behalwe die bg. preek hy die Woord, gee lering, bied kampe aan en fasiliteer en konsulteer met gemeentes. Hy is 'n geregistreerde lewensbegeleier (life coach) en bied ook lewensbegeleiding aan.
Inhoudsopgawe
Inleiding
|
DEEL 1
God onder my mikroskoop – of nie?
Vrae oor glo, weet en wetenskap
DEEL 2
Die Bybel: mites, wonders of waarheid?
Vrae oor die Woord en wonders
DEEL 3
Wie is God en waar kom Hy vandaan?
Vrae oor die God van die Bybel
DEEL 4
Skepping: groot knal of knoeiery?
Vrae oor die skepping en evolusie
DEEL 5
Hoe laat ’n goeie God slegte dinge gebeur?
Vrae oor sonde en lyding
DEEL 6
Is daar engele en duiwels hier rondom my?
Vrae oor die bonatuurlike wêreld
DEEL 7
Hemel toe of hel toe – wie en wat?
Vrae oor redding en die ewigheid
DEEL 8
Ek het vrae oor my Christenskap – jy ook?
Vrae oor ’n verhouding met God
DEEL 9
Wat maak ’n mens met hierdie Christene?
Vrae oor probleme met sommige Christene
DEEL 10
En dan het ek nóg ’n klomp vrae!
Vrae oor taai toffi es en ander moeilike temas
Slot
|
Gebruikersresensies