Kan Ons Regtig Die Bybel Glo? (Sagteband)

deur: Natasha Crain

R199.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

40 gesprekke  wat ouers sal help om hulle kinders te bemagtig om te verstaan wat hulle glo en dit te verdedig.

Dit is geen geheim nie dat kinders van alle ouderdomme by die skool, saam met vriende en aanlyn blootgestel word aan negatiewe kritiek oor Christenskap. Is jy bereid om met jou kinders te praat oor hoe hulle effektief die moeilike vrae kan antwoord wat mense hulle gaan vra oor hulle geloof?

In Kan ons regtig die Bybel glo? sal jy 40 van die algemeenste uitdagings vind wat kinders teëkom, asook duidelike, maklik om te verstaan reaksies wat julle saam kan bespreek. Hierdie boek sal jou help om:

  • ’n oop gesprek met jou kind aan te moedig oor kwessies waaroor hy dalk nie wil praat nie
  • jou kind se onsekerhede te vervang met vertroue wat slegs God se waarheid kan gee
  • jou kind goeie vaardighede te leer om op hulle voete te dink

Kan ons regtig die Bybel glo? is ’n gids wat ouers toerus om kritieke (en moeilike) geloofsgesprekke met hulle kinders te hê. As jy wil hê jou kinders moet ’n dinamiese geloofslewe hê, moet jy hierdie boek lees en vandag nog hierdie gesprekke met hulle begin hê.

Oor die outeur

Natasha Crain skryf ’n gewilde blog op ChristianMomThoughts.com. Sy het ’n MBA van UCLA en het die Certificate Program in Christian Apologetics aan Biola University voltooi. Sy en haar man, Bryan, het drie kinders.