Jou God Is Hier (Sponsgevulde Hardeband)

deur: Johan Smit

R199.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

God is verseker elke dag by jou.

Het jy al ooit gewonder waar God is en of jy heeltemal alleen is? Johan Smit bring in Jou God is hier! vir jou die onbetwisbare versekering dat God áltyd by jou is.

Hierdie dagboek sal jou in elk van die 366 dagstukke verseker dat hulle nooit hoef te twyfel oor God se teenwoordigheid nie. Temas wat Johan aanraak, sluit in sleutelwoorde van geloof, groeipunte in ’n Christen se lewe en jou God is hier.

Die dagboek sluit ook af met ’n handige teksregister.

Jou God is hier! sal jou bemoedig op die pad wat jy stap en sal jou elke dag laat rus in God se naby-heid.

Oor die Outeur

Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare 'n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.