Jesus Se Woorde Vir Seuns (Sagteband Met Flappe)

deur: Carolyn Larsen

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Sakpas-dagboek met 366 funky dagstukkies oor Jesus se boodskap spesiaal vir seuns.

 

Jong kinders word elke dag met moeilike besluite en ver­skil­­lende opinies gekonfronteer en hulle moet leer om na Je­sus se woorde te luister om sin te maak van die verande­ren­de wêreld om hulle.

     Jesus se woorde vir seuns is dagstukke spesiaal vir seuns van 8-12 jaar. Hier­die funky dagstukkies is vars en nuut geskryf om seuns in 366 dae te lei met Jesus se woorde oor temas soos omgee, deel, vergifnis, getuienis en om tot eer van Hom te leef. Carolyn Larsen het elke dagstukkie geskryf met ’n Bybel­teks, boodskap vir die dag en ’n “Gaan leef dit”-afdeling om hul nuwe kennis prakties toe te pas.

     Die jong leser sal ook baie hou van die unieke blad-uitleg in kleur.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Words of Jesus for Guys

 

Oor die outeurs

Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwas­se kinders.