Jesus - Die Beste Vriend Ooit Vir Meisies (Sagteband)

deur: Elizabeth George

R69.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Gids vir ampertiener-meisies oor hoe om elke dag net so ’n goeie vriend soos Jesus te wees.

Ons almal het ’n vriend nodig op wie ons kan vertrou, en Jesus is die beste vriend ooit.

In haar boek Jesus – die beste vriend ooit vir meisies ondersoek Elizabeth George 10 maniere waarop ampertiener-meisies elke dag soos Jesus kan leef, en leer hulle belangrike karaktereienskappe soos:

  • Selfvertroue om te wees wie hulle is
  • Getrouheid sodat ander hulle kan vertrou
  • Fokus om hulle doelwitte te bereik
  • Vriendelikheid wat ander mense aantrek
  • Genade om ander se foute te vergewe

In Jesus – die beste vriend ooit vir meisies sal meisies met behulp van eenvoudige selfstudie-vrae ontdek hoe Jesus hierdie karaktertrekke elke dag in sy aardse lewe uitgeleef het en hoe hulle dit ook in hul eie lewe kan doen. Hulle sal leer wat ’n goeie vriende Jesus vir hulle is en hoe om net so ’n goeie vriend vir ander te wees.

Ook beskikbaar in Engels onder titel You Always Have a Friend in Jesus for Girls.

Oor die outeur

Elizabeth George, van wie se boeke al meer as 12 miljoen eksemplare verkoop is, is ook ʼn gewilde spreker by konferensies vir Christenvroue. Elizabeth en haar man, Jim, is ouers en grootouers, en is al meer as dertig jaar betrokke in die bediening.