Populer (Sagteband)

deur: Tindell Baldwin

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Ware verhaal oor hoe die gejaag na wildheid ’n lewe kan verwoes.

 

Op 15 moes Tindell Baldwin ’n keuse maak – bly op die pad wat haar Christelike gesin aangedui het, of klim die sosiale leer wat duidelik vir die gewildste meisie baie pret sou verseker. Sy het haar keuse ge­maak en uitge­gaan om die lewe te lei wat sy gedink het sy wou hê.

In Populêr deel sy uitdagende, rou insigte oor haar jongmeisie-reis deur hoërskool. Sy vertel van die plek­ke waarheen sy nooit beplan het om te gaan nie en die seer wat sy nie verwag het om te ervaar nie. Sy skryf helder en eerlik om enigiemand te help wat dit oorweeg om dieselfde pad te volg.

Populêr is verdeel in twee dele – die een wat die skadukant van ’n jong meisie se lewe wys, en dan volg die ligkant waar sy vertel hoe sy terug­gestrom­pel het na God en sy genade ontdek het.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titels Popular

 

Oor die outeur

Tindell Baldwin het in Atlanta, Georgia, grootgeword en is die enigste dogter tussen drie seuns. As tydelike onder­wyseres by verskeie hoërskole het sy agtergekom dat haar eie verhaal dié van baie jong meisies weerspieël en sy het geroepe gevoel om haar ver­haal te deel. Tindell en haar man woon in Atlanta saam met hul kinders. www.tindellbaldwin.com