In Gesprek Met Die Vader (Sagteband)

deur: Danie Malan

R130.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontsluit die Onse Vader in 11 studies vir ’n ryker gebedsverhouding met God.

 

Daar kom tye wanneer ’n mens sukkel om te bid. Of wanneer ’n mens wonder of jou gebede aanvaarbaar is vir God. Jesus se dissipels was ook nie seker hoe om te bid nie. Daarom het Jesus vir hulle die volmaakte gebed geleer – die Onse Vader.

In gesprek met die Vader is ’n 11 weke lange Bybelstudie waarin Danie Malan die bedes van die Onse Vader afsonderlik bespreek en wys hoe die bedes elke aspek van ons lewe aanraak. Die betekenis van elke bede word in detail verduidelik en aan die einde van elke studie is daar vrae om oor na te dink en voorstelle vir gebed tydens persoonlik stiltetyd.

     Hierdie Bybelstudie vir indivuele of groepstudie is ideaal vir enigiemand wat graag ’n ryker gebedsverhoudings met die Vader wil hê.

 

Oor die outeur

Danie Malan is getroud met Nonnie, ʼn huishoudkunde-onderwyseres, en hulle het drie kinders, Karien, Danie en Sanmarie. Hy is reeds meer as 30 jaar leraar van Kempton-Kruin Gemeente en is passievol oor gebed, Bybelskool en gemeente-wees soos die vroeë kerk. Hy is betrokke by die Ring, Sinode en Algemene Sinode – veral rondom Leer en Aktuele sake. Hy het ʼn voorliefde vir gesinsfotografie en gholf en het ook hokkie en debat afgerig vir leerlinge by Kempies.