In Gees En In Waarheid (Sagteband)

deur: Isak Burger

R149.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Leer ken die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou.

 

As daar ooit 'n tyd was dat die Heilige Gees nodig is in die kerk en in die lewe van die gelowiges, is dit sekerlik vandag. En as die Heilige Gees ooit gewillig was om hierdie behoefte en leemte te vul, is dit vandag!

In In gees en in waarheid ondersoek Isak Burger die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die Vroeë Kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.

Ons leef in ’n tyd waarin daar wêreldwyd ’n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. In gees en in waarheid is bedoel vir elke gelowige wat smag na ’n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.

 

Oor die outeur

Isak Burger was waarskynlik een van die langsdienende kerkleiers in die land. Hy is in April 1988 verkies as pre­sident van die AGS en is telkens her­kies tot­dat hy emeriteer in September 2016. Hy tree dikwels op as spreker en is die outeur of mede-outeur van ver­skeie boeke en artikels. Hy is een van die stig­terslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika. Isak is getroud met Heletia en hulle het ’n seun en twee dogters. Hulle woon in Silver Lakes.