In Christus Alleen (Luukse Leer Sagteband)

deur: Victor Kuligin & Robert Yarbrough

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Diepgaande studie oor die 5 solas en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene.

 In 2017 vier ons die 500 jaar herdenking van die Hervorming. ’n Beweging gebore uit mense soos Martin Luther en Johannes Calvyn se ontevredenheid met die wanpraktyke van die Rooms-Katolieke Kerk van die 16de eeu. ’n Beweging wat die Christendom en Christelike kerk vir ewig sou verander.

Die Protestantse Hervorming het oor basies 5 groot punte met die Rooms-Katolieke verskil. Hierdie punte word bondig weergegee in die 5 solas, wat vandag as die boustene van die Protestantse Kerk beskou kan word:

1. Sola Scriptura – die Skrif alleen

2. Sola Gratia – deur genade alleen

3. Sola Fide – deur geloof alleen

4. Solus Christus – in Christus alleen

5. Soli Deo Gloria – tot eer van God alleen

In Christus alleen kyk na die historiese erfenis van elke sola. Dit doen ’n diepgaande ondersoek na wat elk van die solas is en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene. Elke hoofstuk gee ’n aanhaling deur en biografiese inligting oor ʼn baie bekende hervormer, asook sleutel-teksverse om die betekenis van die sola verder te verduidelik.

In Christus alleen met sy luukseleer-buiteblad is ’n pragtige en insiggewende boek geskik vir enige na­slaanrak.

 Ook beskikbaar in Engels onder die titel In Christ Alone

 Oor die outeur

Dr. Victor Kuligin (DTh, Universiteit van Stellenbosch) is ’n senior dosent by die Bybelinstituur van Suid-Afrika in Kaapstad waar hy ook as Dekaan van Akademie dien. Hy het voorheen 14 jaar sendingwerk ge­doen in Namibië waar hy by die Namibia Evangelical Theological Seminary klas ge­gee het. Hy is ’n outeur, internasionale spreker en gas­dosent in lande soos Indië, Bulgarye, Soedan, Etiopië en Rwanda.

Dr. Robert Yarbrough (PhD, University of Aberdeen) is professor in Nuwe Testament by die Covenant Theological Seminary in St. Louis, Missouri, VSA. Hy het voorheen klas gegee by Trinity Evangelical Divinity School en Wheaton College. Hy is outeur, mede-outeur en vertaler van verskeie boeke en artikels. En hy is sedert 1989 betrokke by teologiese op­leiding in Afrika (Egipte, Suid-Soedan, Suid-Afrika).