Identiteit (Sagteband)

deur: Alex Kendrick & Stephen Kendrick

R199.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Wat ’n mens van jou eie doel en waarde glo, bepaal byna elke area van jou lewe – onder andere hoe jy dink en voel, hoe jy op omstandighede reageer en hoe jy jou verhouding met God en ander mense hanteer. Maar wat bepaal jou kern-oortuigings? Is dit gegrond op die waarheid? Of verander dit voortdurend na gelang van ander se opinies of jou eie emosies? Identiteit Wie God sê jy is, deur die skrywers van Waag dit om lief te hê en Strategie vir gebed, sal jou help om jou identiteit in God te ontdek en die wonder van wie jy geskep is om te wees, heelhartig te aanvaar. Dit is gebaseer op kragtige insigte in die Bybelboek Efesiërs wat gekomplimenteer word met persoonlike verhale en praktiese wysheid. Hierdie boek daag lesers uit om die Een wat elke mens deur en deur ken toe te laat om jou hart te rig. Die boek is geïnspireer deur die fliek Overcomer.

Oor die outeurs

Stephen Kendrick is ’n senior medeleraar in predi­king by Sherwood Baptist Church in Albany, Geor­gia, en ook ’n ervare draaiboekskrywer en ver­vaar­diger. Hy en sy vrou het drie kinders

Alex Kendrick is mede-medialeraar by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia. Hy is ook ’n ak­teur, skrywer en regisseur van onder andere Fa­cing the Giants. Alex en sy vrou het vyf kinders.

Nog boeke deur hierdie outeur: